Bul (sterreteken)

Hierdie artikel handel oor Astrologie. Vir meer inligting, sien ook Bul (sterrebeeld).

Bul (Taurus)
Die astrologiese simbool van die Bul

Die Bul of Stier (Lat: Taurus) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 20 April en 21 Mei gebore is. Dit is die tweede teken van die Diereriem.

Die Bul is een van die drie aardtekens en een van die vier vaste tekens.[1] Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Slang van die Chinese diereriem.[2] Die tradisionele heerser van die Bul is Venus.

Bulle kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens, Steenbok en Maagd.

  1. Jeff Mayo, Teach Yourself Astrology, pp 38 – 41, Hodder and Stoughton, Londen, 1979
  2. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search